Wie is ons?
 



FODB Ing. is 'n gevestigde firma van geoktrooieerde rekenmeesters en geregistreerde ouditeure met kantore in Ceres, Moorreesburg en Malmesbury.
Fourie Oberg de Bruyn Ing. het in 2008 ontstaan toe die aanvanklike drie direkteure, Christie Fourie, Rudiger Oberg en Jannie de Bruyn, die Ceres- en Moorreesburgkantore van PricewaterhouseCoopers (PwC) oorgeneem het. In 2012 is 'n kantoor in Malmesbury geopen wat later saamgesmelt het met 'n bestaande rekenmeestersfirma, Coetzee, Rossouw en Viljoen. Gedurende 2015 smelt Charl Bezuidenhout en Vennote Ing. ook saam en staan die firma voorts bekend as FODB Ing. 

Op 30 November 2018 moes ons skielik afskeid neem van Christie Fourie, wat tragies in ‘n motorgongeluk heen gegaan het. Hy was vir 11 jaar deel van die firma.

Ons huidige direkteure is Rudiger Oberg, Jannie de Bruyn, Charl Bezuidenhout en Coenie Koch as assosiaat. Hulle word bygestaan deur ongeveer 70 personeellede. 'n Kultuur van deurlopende opleiding en professionele ontwikkeling verseker dat ons personeel toegerus word met die nodige kundigheid om tydige dienste van hoë gehalte aan ons kliënte te lewer. 

Ons visie is dat FODB die nommer een besigheidsvennoot vir landbou-, familie- en verwante ondernemings sal wees.