Personeel
 

Direkteure & Assosiate

Rudiger Oberg
Lees Meer

Rudiger het in 2001 sy klerksap by PwC in Ceres begin en het in 2002 'n BComptHons aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy was vanaf 2004 tot 2007 ouditbestuurder van PwC se Ceres-kantoor voordat hy in 2008, met die ontstaan van die firma, direkteur van Fourie Oberg de Bruyn Ing. geword het.

Jannie de Bruyn
Lees Meer

Jannie de Bruyn het in 2001 die graad BRekHons aan die universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in Ceres gedoen. Hy was vanaf 2005 tot 2007 ouditbestuurder van PwC se Moorreesburg kantoor en het in 2008 'n aanvangsdirekteur van Fourie Oberg de Bruyn Ing. geword

Charl Bezuidenhout
Lees Meer

Charl het sy klerkskap by PwC in Moorreesburg gedoen vanaf 2002 tot 2006. In 2006 verwerf hy 'n BComptHons aan die Universiteit van Suid-Afrika. Na voltooiing van klerkskap werk hy 2 jaar by PwC in die Paarl en daarna 3 jaar as finansiele bestuurder in 'n korporatiewe omgewing. Hy open in 2010 'n praktyk in Malmesbury, Charl Bezuidenhout en Vennote Ing. In 2015 smelt Charl Bezuidenhout en Vennote Ing. saam met FODB Ing. en word Charl `n direkteur.

Coenie Koch
Lees Meer

Coenie het in 2005 die graad BRekHons aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC se Ceres kantoor voltooi. Hy kwalifiseer in 2009 as GR (SA) en was vanaf 2009 ouditbestuurder in beide die Ceres en Moorreesburg kantore. In 2016 registreer Coenie by IRBA as ‘n geregistreerde ouditeur en word hy ‘n Assosiaat by FODB Ing. se Moorreesburg kantoor.

Bestuurspan
David-John Groenewald
Elizabeth James
 
Janine Olivier
 
Andri de Villiers
 
Elizma Walters
 
Estelle Mostert